Charles Grape het jou genooi om die MentorProgram te gebruik om jou wiskunde nog ‘n bietjie makliker te maak.

Welkom – jy is op die regte plek!

  • Kort video’s wat die werk van “scratch” af verduidelik
  • ’n Help-My-Onthou-boek met stap-vir-stap “resepte” vir elke tipe som – beskikbaar einde Jan 2026
  • Ondersteuning tussen klasse — sodat jy nie agter raak nie

Kies jou plan

Met die MentorProgram kry jy dieselfde toegang — jy besluit net hoe jy wil betaal.
Kies die opsie wat die beste vir julle werk .

Eenmalig @ R800 vir die jaar

Volle toegang tot die MentorProgram (tot einde 2026) met ’n eenmalige betaling.
Geen verrassings, geen herhalende fooie — jy is klaar betaal en kan rustig fokus op jou werk.

Powered by Payfast

Maandeliks @ R100/maand

Deel die koste oor maklike maandelikse paaiemente.
Jou kind kry steeds al die voordele — sonder om alles op een slag te hoef betaal.

Powered by Payfast

Meer as een kind? Kontak Marna vir afslag

Waarom is hierdie lidmaatskap so belangrik?

Mathemagicians en die MentorProgram werk hand-aan-hand.

Tydens elke les gebruik studente die MentorProgram-platform vir die eerste deel van die sessie om relevante videos en verduidelikings te kyk.
Dit maak seker dat die basiese konsepte duidelik is — sodat die res van die lestyd op individuele probleme en vrae gefokus kan word.

Ons materiaal volg die CAPS en IEB sillabusse, met stap-vir-stap verduidelikings in Afrikaans. Studente word ook aangemoedig om die platform tuis te gebruik wanneer hulle vashak of wil hersien.

Lidmaatskap is daarom deel van Mathemagicians se wiskunde onderrig — dit help ons om tyd te spaar, beter voor te berei en studente nooit sonder ondersteuning te laat nie.

Hiermee kry jou kind:

• konstante toegang tot verduidelikings van die werk
• ’n veilige, wagwoord-beskermde omgewing vir Mathemagicians se aanlyn lesse
• die vermoë om voor en ná klasse verder te oefen
• ondersteuning wanneer Charles nie onmiddellik beskikbaar is nie

MentorProgram maak seker dat elke les meer doeltreffend is — en dat jou kind altyd weet waar om hulp te kry.

Bou eers ‘n sterk fondasie — dan kan die regte werk begin

Baie tyd word in wiskundeklasse gemors omdat basiese beginsels eers hervestig moet word.
Want wanneer die fondament wankel, voel elke nuwe idee moeiliker as wat dit eintlik is.

Die MentorProgram is hier om daardie fondament stewig en rustig te bou.

 

Met kort video’s en stap-vir-stap resepte:

✔️ word die basiese konsepte duidelik

✔️ verdwyn die “ek weet nie eers waar om te begin nie”-gevoel

✔️ kom die selfvertroue terug

 

Dit beteken: wanneer jou kind by Mathemagicians sit, kan hulle dadelik aan die werklike uitdagings werk — nie eers weer deur al die eenvoudige verduidelikings gaan nie.

 

Meer vooruitgang. Minder herhaling. Minder frustrasie.

Selfs tussen klasse is jy nooit alleen nie

Daar is dae wanneer jy vashak … en dit is nog lank tot die volgende les.

Met Die MentorProgram hoef jy nooit te wag nie.

 

Die stelsel (en ek!) is daar om jou tussen klasse op te vang — met:

👉 duidelike riglyne oor wat om volgende te doen

👉hulpbronne wat jy enige tyd kan herkyk

👉ondersteuning wanneer iets skielik nie sin maak nie

 

So bly jy op koers, selfs wanneer planne verander of jy nie by Charles kan uitkom nie.
En wanneer jy wél by hom is, kan julle dieper werk doen — want die basiese dinge is reeds in plek.

 

Die MentorProgram maak seker jou kind beweeg altyd vorentoe – met ondersteuning, nooit alleen nie.

Ware stories. Regte resultate.

Lisa

Van 16% na 53% in een kwartaal

“Die videos het dit net alles vir my makliker gemaak om te verstaan veral omdat ek kon teruggaan na vorige grade se verduidelikings ook.”

Pieter

Van 16% na 53% in een kwartaal

“Ek het definitief meer confidence gekry om die somme te doen en dit op ‘n meer eenvoudiger manier te verstaan.”

Annika

Van 16% na 53% in een kwartaal

“Ek wil net weer sê dankie vir al die hulp! Sonder die videos het ek nie die kwartaal wiskunde deurgekom nie.”

©2026 MentorProgram . All Rights Reserved.