Waaroor skryf ons nouweer in vraestel 1?

Dis so super belangrik om te weet watter werk val in watter vraestel - ons maak dit vir jou maklik om te onderskei tussen vraestel 1 en vraestel 2 werk. wink

Elke vraestel word 'n bestemming - vraestel 1 is in die natuur en vraestel 2 iewers in 'n bekende stad!

2 Vraestelle verander in 12 afdelings.

Elkeen van die 12 afdelings word verder opgedeel in kleiner chucks - dis maklik om die werk te kry waarmee jy besig is!wink

Die 12 afdelings verander in 48 lesse

Dis maklik om tred te hou met watter lesse jy al gedoen het en hoe ver jy trek - merk dit af soos jy klaarmaak!
cool

Die 48 lesse bevat meer as 1000 videos!

Ons wil seker maak jy bly by, daarom is die videos gemiddeld slegs 5-15 minute lank.

Dit gee jou die geleentheid om seker te maak jy verstaan dit REGTIG, voor jy aanbeweeg
cool

Wat is die mentorprogram?

Die MentorProgram vir hoërskool wiskunde is ‘n versameling videos wat alles van scratch af verduidelik – van graad 8 regdeur tot graad 12.

Dit verduidelik die werk asof jy DIT NOG NOOIT gehoor het nie.

Dit verduidelik die werk so eenvoudig dat selfs jou ouers dit sal verstaan!

Die videos is 24/7 beskikbaar met maklike navigasie en ‘geheue’ van watter lesse jy reeds deurgewerk het.

Whatsapp bystand – van ‘n regte mens! – as jy sou vashaak of verward is – jy is nooit alleen nie.

ondersteuning VIR STUDENTE

Die hoofdoel met elke video wat Marna maak is dat haar studente wiskunde SONDER haar of ‘n tutor of ‘n onderwyser moet kan deurkom.

WISKUNDE IS ROF!

In ‘n ideale wêreld het elke kind ‘n onderwyser, ‘n tutor, ‘n mentor en ‘n trauma terapeut om in ‘n gesonde toestand aan die anderkant uit te kom.

Die werklikheid is daar nie altyd tyd of geld vir bogenoemde is nie en daardie was die saadjie van die MentorProgram vir wiskunde – om vir soveel as moontlik kinders te gee wat hulle NODIG het, met so klein tyd-en-geld-belegging as moontlik.

VIR TUTORS & ONDERWYSERS

‘n Organiese byvoordeel is dat die MentorProgram ook tutors en onderwysers ondersteun.

Die MentorProgram vir wiskude ondersteun die kinders met sensory processing differences om die werk (op hulle eie, sonder die afleidings van ‘n klaskamer) te hersien en die werk die proseseer.

Deur die MentorProgram vir wiskunde te gebruik om fase 1 van die leerproses te behartig, gee dit die onderwyser/tutor 100% meer tyd om aan fase 2 & 3 te spandeer, waar ‘n fisiese mens nodig is om die student deur die Valley of dispair te lei.

Is jy MOEG GESUKKEL met wiskunde?

Wil jy hê iemand moet jou net vir eens en veraltyd ELKE SOM IN DETAIL VERDUIDELIK sodat jy weet wat om te doen?

Wil jy hê iemand moet vir jou ELKE SOM OOR-EN-OOR VERDUIDELIK totdat jy dit snap (sensory processing differences is ‘n ding, jy weet?!)

Het jy reeds ‘n tutor, maar jy wil BETER VOORBEREID wees vir jou sessies?

Wil jy AL VIER FASES van die leer proses ondersteun (en nie net die eerste een nie)?

Ontmoet ons Mentors

Ons mentors het harte van goud

Marna Zuhlsdorff

Skepper, administator, Whatsapp bystand

.

Charles Grape

Mathemagicians
Inpersoon klasse in Randburg.
Ook aanlyn

.

Die
MentorProgram@

Wiskunde is maklik

Laat ek jou wys !

Toe Marna in 2012 haar eerste wiskunde video gemaak het, het sy een doel voor oë gehad: haar studente moes sonder haar kon regkom.

In minder as 5 minute verduidelik Die MentorProgram vir wiskunde vir jou elke tipe som van scratch af, sodat jy en tutor/onderwyser kan fokus op die goed wat op jou van toepassing is.

Fondasies is belangrik!